Soos ek voorheen gesĂȘ het daar’s te min woorde vir net te veel.
Gedagtes soos ‘n stoomtrein en by die tyd wat ek tot die besef kom, hey ek moet die goed neer skryf, is die trein op spoed en ek staan met my tasse op ‘n stasie en wonder of daar enige iemand anders op daai trein was.
Want als oor daai trein het sin gemaak vir daai EEN oomblik wat jy ALS sien en net WEET, so groot is daai oomblik dat jy lam raak in jou knieë, in jou maag lag en amper huil. Dan sodra die trein uit sig is, voel jou tasse weer swaar en jy besef dat jy nie alleen is op die stasie nie.
Want saam jou, langs jou, saggies binne jou, kom ‘n ding, wat bang is vir daai trein, weer teruggekruip…
TWYFEL.